Die Nelspruit fotografie span is net dit, ‘n span Daar is ten alle tye twee fotograwe besig om fotos te neem en daar kan ook ‘n video kamera ingespan word om al die gebeure vas te vang in beeld materiaal. Die bruid het al die keuses en besluite oor hoe sy die dag wil sien.
Die dagplan is as volgs. Die fotograwe daag vroeg genoeg op sodat Melanie die voorbereidings saam met die Bruid kan wees en fotos dan te neem. Guy sal of met die video kamera byderhand wees, of die bruidegom se voorbereidings fotos neem. Indien Guy video doen sal daar ‘n tweede fotograaf saam met die bruidegom wees.
Daarna gaan ons kerk to waar albei fotograwe van verskillende punte af sal fotos neem. Tydens die diens werk ons aam met die prediker om te verseker dat ons nie die diens belemmer nie. Na die diens begin ons met die formele fotos, Die tweede fotograaf sal rond drentel en informele fotos neem van die gaste ensomeer.
Dit is uiters belangrik dat daar ‘n gids deur die familie geidentifiseer word om seker te maak dat die fotograwe almal op die bruid se lys kan vind. Onthou die fotograwe is nie deel van die familie nie.
Daarna gaan ons partytjie hou en die fotograwe sal heeltyd daar wees om die fotos te neem.
‘n Paar reels wat ons moet waarneem is dat ander kameras kan ons fotos belemmer. Ons wil nie kompeterende flitse wat die fotos kan beskadig nie, dus laat ons nie ander kameras toe nie. Ons sal nie fotos neem met gaste se kameras nie.
Binne twee weke van die troue sal ons ‘n CD met proef fotos verskaf sodat julle kan besluit wat julle wil druk, Indien julle ‘n album wil bestel sal julle dan besluit watter fotos in die album moet verskyn. Daar kan ook jumbo fotos en vergrotings tot A1 bestel word.
Die video produksie neem gewoonlik tussen twee en drie weke.
Ons kostes word as volgs uitgewerk
Fotograwe R 4000.00 vir die dag (sluit in “post production”)
Albums Kwotasie
Fotos
Jumbos R 2.00 per druk
A5 R 5.00 per druk
A4 R 10.00 per druk
A3 R 30.00 per druk
A2 R 60.00 per druk
A1 R 120.00 per druk
Video R 10000.00 (sluit 6 DVD’s in)
Pryse geldig tot Desember 2009
Tags: fotos, Nelspruit, troufotografie, troufotos